Wednesday, August 14, 2013

Wat het gebeur en wat is volgende?

Noudat ek so te se klaar is met Esme se kombers en ander pakkies, voel dit vreemd dat my hande so stil is.  Ek het toe ek NET begin hekel het 'n blokkieskombers aangepak maar so tussen trou, graadkry, mamma word en huis opsit het vordering op die kombersie agter wee gebly.

So dit is my huidige projek:


Ek is gek oor daardie lekkertjies in die wit bakkie.  Pick'nPay verkoop dit in sakke, en ek sal my tande vrot eet daaraan!


En hier is my nuwe 'stash' Vinnis wolletjies wat ek by Beatrix Snyman gekoop het teen 'n belaglike goedkoop prys!  Is hulle nie mooi nie??

Hier is haar facebook blad.  Die spesiale aanbod hou aan tot einde Augustus.  Sy verkoop ook Cowgirl Blues se gare, wat van suiwer merino wol gemaak is.

Wat stel ul voor maak ek met hul?




'n Meisie kan droom ne :)

{L}

No comments:

Post a Comment