Thursday, August 8, 2013

'n Uiltjie of twee

Ek kon myself nie inhou nie!


Ek het 'n hele paar effekleur 'onesies' (enige voorstelle vir 'n mooi afrikaanse woord?) by Ackermans gekoop en beplan om hul te versier met 'n bietjie hekel apliek en mooi gehekelde randjies.

Omdat daar so bietjie van die wol oor is wat Eloise gekoop het vir  Esme se kombersie het ek besluit om sommer daarvan te gebruik om die res van haar ooievaars-tee-krismisboks mee vol te maak en te versier.

Hierdie is 'n foppie-houer-borsspeld wat Eloise op enige van Esme se kleertjies kan vasspeld.

Ek weet dis die tweede post vir vandag, maar ek is so in my noppies met hoe my uiltjies uitgekom het!  

As jy 'n gratis patrone soek, los asseblief vir my jou epos adres as kommentaar dan pos ek hom vir jou.  Jy kan my ook volg op Bloglovin, sodat jy eposse kan kry as ek iets nuuts post of gragtis-grypies (free giveaways) weggee.

(If you would like one of the free patterns, follow me on bloglovin or leave your email address in the comments below and I will email it to you.  If I have enough requests, I will post a photo tutorial)

LET OP:  Die patrone mag nie gebruik word vir herverkoop nie.  
NOTE:  The patterns may not be used for resale.

No comments:

Post a Comment