Monday, January 27, 2014

'n Nuwe konsep - Dubbeldoor

Ek lees graag Merrick van Merricks art se blog.  Sy en haar twee sussies woon nie naby mekaar nie en om in kontak te bly doen al drie saam 'n pos wat hul noem "Raiding my sisters closet".  Dit is een van my gunsteling poste om te lees.  Al drie sussies kies 'n sekere kledings item en dink dan 'n uitrusting daarmee uit.

Ek dink dit haal mens 'n bietjie uit jou gemaksone en forseer jou om ander klere kombinasies uit te dink.  Sooo, ek gaan poog om dieselfde te doen.  Wel iets soorgelyks.  'n Vriendin van my Corneli Becker was nogal altyd 'n avontuurlustige aantrekker.  Ons het vir 'n wyle saam geloseer as studente en as ek so klein soos sy gebou was het ek sekerlik geleef in haar klerekas!

Hierdie week se uitdaging was om enige dierepatroon item te vat en 'n uitrusting daarmee uit te dink.  Ek sal met die volgende uitdaging 'n beter foto opsit (my IT-man het ewe dik van die lag van my uitrusting 'n foto geneem) ek moet net 'n plan beraam om my kamera iewers gemonteer te kry.

Sonder verdere praatjies hier is ons albei se weergawes van ons diervelpatroon items:

Corneli se luiperd serpie

"Ek dra nie maklik die cheetah vel om my lyf nie.  As ek dit moes doen, sou ek seker verplig gevoel het om my naels ook te groei en rooi naellak op te sit.  Die serpie is net'n klein rebellie teen my blommetjies, strikkies en hartjies wat my klerekas bekoor"





en...my luiperd ballet skoene:

Met die snaakse weer wat ons die afgelope paar dae gehad het, was ek lus vir ietsie warmers.  Ekt een van my man se hempde geleen (kan jul agterkom) en my ma se hout krale om my nek gehang om by my skoene te pas.  Ek is mal oor die bietjie 'wild' wat om my voete speel.



Ek is nog besig met die 30 day shred, en ek moet se ek begin al resultate sien, my magie is platter en my gesig lyk bietjie maerder.  Amper by die 15 dag merk!

Kyk uit vir volgende week se DUBBELDOOR ;)

{L}


No comments:

Post a Comment