Sunday, January 12, 2014

Masterchef Mystery box partytjie

Ons het Vrydag aand 'n Mystery box partytie gehou in ons klein Equestria huisie. Ek het die idee by my skoonsus gekry, en dit het SO goed gewerk. Ek begin Maandag weer skoolgee na 'n lekker lang vakansie en die 'dinner party' was 'n lekker ontspanne voor-skool-weer-begin partytie. Van my gunsteling dinge om te doen is om mooi te maak en lekker kos te maak vir vriende wat kom kuier. Omdat dit twee van my vriendinne en hul mans was wat kom kuier het, het ek 'n bietie meer vroulik gedek.

Ek het die laprose by 'n vriendin se troue in 'n ruiker gekry, die servetringe het ek van lint gemaak deur die 2 ente met 'n gomgeweer aanmekaar te plak en die glas blomflessies het ek weereens die gomgeweer ingele en 'n bietjie versier.




Wat is die reels?

 1. Elke paarjtie pak 'n verassings boks, hetsy dit vir voorgereg, hoofgereg of nagereg is. (Die gasvrou kan besluit wie pak vir watter gereg) 
2. In die boks moet ENIGE 6 bestandele wees. Dit maak dit interessanter as mens nie jou boks volgens 'n resep pak nie. 
 3. Die paarties mag hul boks oopmaak net voor hul hul gereg moet maak en mag dan ook hul fone en enige resepteboek gebruik om hul gereg reg te kry, elke span het ook net 'n uur om in kos te maak.
 4. Elke 'span' moet die skottelgoed wat hy vuil gemaak het was terwyl die volgende span begin. 

 Die span wat voorgereg moes maak het heerlike varsgebakte (gekoop by Deeghuys) croissants, met geroosterde knoffel tamaties, salm, salm roomkaas, roket en komkommer op.




 Vir hoogereg het ons lekker aartappelskyies, geroosterde botterskorsie, beesfillet met 'n camembert en ui marmelade sous gehad.


Vir nagereg (wat my werk was) het ons peppermint crisp sjokolade bruintjies gemaak met koffie likeur en vanielje room en 'n blueberry sousie.



 Die atmofseer was ontspanne, ons het lekker geeet en lekker gekuier. Dankie Eloise en Celanie dat jul kom kosmaak en skottelgoed was het in my huis ;)







 Op 'n meer styvolle noot ek het die idee by Merricks art gekry (een van my gunsteling styl blogs om te lees) om 'n weeklikste styl pos te plaas. Ek sal nog my sus en skoonsus oorreed dat ons een kleding item vat en op 3 verskillende maniere opdoen. Op Merrick se blog noem hul dit Raiding my sisters closet, ek dink die gepaste arikaanse weergawe daarvan sal wees Koeksisters se klerekas...maar ons drie werk nog aan die naam vir die konsep. Hou die spasie dop, die jaar beloof groot dinge vir Make me some happy :)

 {L}

No comments:

Post a Comment