Monday, October 28, 2013

'n Onderhoud en 'n Dames tee in Standerton

Ons trek Mpumalanga toe!  Ek het vrydag 'n twee onderhoude gehad vir onderwys poste in Mpumalanga.  Die hoof van die Azalea skool het my 'n Departementele pos aangebied en ek het aanvaar.  Ek begin in Januarie!

'n Stadsmeisie oppad plaas toe verruil ek nou Pretoria se pers vir die Hoeveld se goud (en natuurlik pienk en wit kosmos).

So gepraat van pienk en wit, Saterdag het ek saam skoonma en skoonus na APK Standerton se damestee gegaan.  Skoonus was ons tafel se gasvrou en het haar tafel prentjie-mooi gedek!  Skoonma (hekel-fundi wat sy is) het vir haar roos borsspeldjies gehekel wat sy vir elke gas gegee het.  Die roos se patroon is beskikbaar HIER.






Dankie skoonsus vir 'n heerlike oggend!





No comments:

Post a Comment