Sunday, October 13, 2013

en toe ondtek ek die WAFFLE

Na al my werk vir die dag afgehandel is (goed ek moet bieg, die skottelgoed staan nog) het ek myself bietjie verlof gegee en terug gesit met 'n koppie vanilla chai en begin hekel.

Ek het 'n kompetisie geloots op Kersiepit se blad en die gelukkige wenner was Lelanie, wat binnekort saam haar man op 'n Europa toer gaan (Swede toe as ek reg is?).

Die wenner kon kies wat hul wou he, solank dit met een bol wol of minder gehekel kon word.  Sy het 'n kop/nekwoel (cowl) vir die koue winter weer daar anderkant gekies.

Ek het gesoek vir lekker bonkige wol op gister se "Rubys ekskursie" en het besluit op Elle chunky (lief lief lief).  Vanaand was dit pinterest toe om te soek vir 'n bietjie anderster hekelsteek....EN TOE ONDEK EK DIE WAFFLE!



Hoe het ek nie geweet hiervan nie!  Dis so maklik, het 'n lekker tekstuur en is effens rekkerig :)

Daar is 'n baie oulike foto tutoriaal op Suburban Jubilee se blog.  Te danke aan hierdie lekker patroon is my naweek nou so te se volmaak!  Baie sterkte vir die week wat voorle, ek sal die pos opdateer met 'n foto van die eindproduk.

{L}

No comments:

Post a Comment