Sunday, September 15, 2013

'n Roos borsspeld uit die bosveld

My skoonma en haar sussies het die naweek wat verby is by Oupa gaan kuier in die bosveld.  Hyt 'n terugslag gehad en almal is toe daarheen om te kyk of hul kan help of bystaan.  Die drie sussies hekel 'n hond uit 'n bos uit!  Daar het hul die roos patroon vir ons neergeskryf in afrikaans (vir die van jul wat afrikaanse patrone gebruik).

Hul het my gevra om hul patroon met jul te deel.


Daar is natuurlik ander variasies beskikbaar op die net, maar hierdie is hul eie uitgedinkte patroon.

Ry 1:      Hekel 51 kettingsteke, draai om.


Ry 2:      Maak 1 langbeen in 6de kettingsteek en dan 3 kettingsteke.  Maak 1 langbeen in       elke 2de kettingsteek met drie kettingsteke tussen elke langbeen.  Draai om.


Ry 3:      Maak {3ks (ketting steke), 1lb (lang been), 3ks, 2lb, 1ks} alles in die eerste gaatjie.  In die volgende gaatjie, maak {2lb, 3ks, 2lb, 1ks}.  Herhaal tot aan die einde van die ry.  Draai om.


Ry 4:      Hekel 7lb in 1ste ‘3ks’ gaatjie en 1kb in 1ks.  Herhaal tot aan die einde van ry. 


Maak blom deur 51ks gedeelte op te rol en vas te werk sover jy draai. Jy kan ‘n ekstra 5de ry by hekel om ‘n groter/platter blom te maak deur in elke stekie van die 5de ry ‘n kb te hekel.






En siedaar!


Dankie ma Lettie Fischer, tannies Elna Bruwer en Salome van Staden dat ek jul patroon kon gebruik as 'n pos :)

{L}

No comments:

Post a Comment