Tuesday, February 4, 2014

DUBBELDOOR - Wat is jou 'in die knyp' item?

Almal het daardie een item in hul kas waarna hul gryp as hul NIKS het om aan te trek nie.  Daardie een item wat voos gedra word en wat jou laat wens jyt nog een gekoop!

Dit sit reg om al die regte rondings en versteek al die slegte bultjies.

My item is my denim baadjie.  Sy lengte is net reg vir my langer bolyf, en hy keep in by die dunste deel van my middel.  Ek kan hom saam enige rokkie/ broek dra.  Hy is nie so warm soos 'n truitjie nie en is perfek vir skool as ek die dag 'n moulose toppie aantrek skool toe.




Corneli se item:

"My vlootblou Bermudas!"





"Daars altyd n dag in die week wat jy net n bietjie later bly le en dan het jy steeds nie besluit wat jy gaan aantrek nie.  My vlootblou Bermudas is die eerste ding wat ek gryp op so oggend.  Enige kleur toppie werk saam met vlootblou en die Bermudas se lengte sorg vir die bietjie formeel ook.  En...hoe manlik dit okal mag lyk...my hande is altyd in my sakke!"


Wat is jou "in die knyp" item?

No comments:

Post a Comment