Monday, February 17, 2014

DUBBELDOOR - Strikkies

Corneli se keuse vir die week was strikkies.  O, wee!  Ek het gesoek en gesoek en gesoek en toe wrintie 'n strikkie op 'n paar hakskoene wat ek by Rage gekoop het gewaar.  Met die soekery het ek besef, ek is nie 'n strikkie tipe meisie nie.  Blommetjies en hartjies is daar baie van maar strikkies is yl gesaai.  

Ek is mal oor belbottom denims en hakskoene.  Veral die gestrikte tipe skoen laat 'n wyepyp nogal mooi vertoon.


Corneli se strikkies:

"Hierdie uitrusting is heeltemal uit my gemaksone.  Bootube...en die pers kleur.  Die groen strikkie is vrolik maar pas nie by my wulpse swart toppie nie.  ALLE  strikkies is vir my baie fraai en lata my somer vrolik voel.  Ek dink die pers uitrusting is 'n wenner!"



Tot volgende week!

{L & C}

No comments:

Post a Comment