Monday, February 10, 2014

DUBBELDOOR - dit hang al eeue in my kas!

Het jy iets in jou kas wat nog nooit aangehad het nie, maar net nie van ontslae kan raak nie? Ek het...n paar! Corneli het my die week uitegdaag om een van my items te vat en n pakkie daarmee uit te dink.

Ek het onlangs vir my die salmpienk romp gekoop by edgars, en kon dit nog net nie gedra kry nie. Riaan was by met die kopery en daar was ongelukkig nie tyd vir aanpas nie. Dit wys elke bultjie en duitjie en skyn boonop so bietjie deur....maar eks gek na die kleur en ekt so baie toppies wat daarby pas!


Een so toppie is die blou en salmpienk rokkie. Dis bietjie te kaal vir skool maar ek hou van die indiaan patroon en die feit dat dit 'n chiffon rokkie is.



Ek het eers besluit om die romp te gebruik as n romp...maar het bietjie gevoel soos Sandy in Grease...


Toe ruil ek die twee om, romp vir n top en rok vir n rompie. Baaaaie beter, ek sal steeds nie so kan skool gee nie, dalk na 'n coctail aand saam die meisies of n lekker piekniek hierdie vrydag saam my man!



Kyk die kleure!

Corneli sê:


"Dis my swart overall rokkie, waarvan die prys nogsteeds aangeheg is!  Dit was 'n uitdaging om 'n hempie te kry wat mooi onder die rokkie lyk.  Die uitrusting sal seker moed neem om werk toe aan te trek, maar vir 'n parttjie sal dit baie oulik lyk.




Andersins sal ek ook maklik verwar word met 'n karakter in 'n disney motion pictures film!  






Tot volgende week

{C + L}



No comments:

Post a Comment