Saturday, July 20, 2013

Verlief op WIT!

Ek het die mooiste prentjie op pinterest ontdek van wit geverfde naels!  Toe ek en boetjie so week terug in die winkels was koop ek toe vir my 'n potjie wil naellak, baie goedkoop R29.99 as ek reg onthou by Clicks te kry.



Dit was nogal 'n storie om netjies geverf te kry.  Wit naellak en rooies veroorsaak baie dieselfde probleem.  Mens moet netjies binne die lyntjies verf en nie te naby aan die agterkant van die nael verf nie.  Anders is dit 'n groot gemors en lyk dit slordig...ek sal moet oefen ;)

Die wit verf lyk vir my ook vreeslik mooi saam met my goue troupandjie...wit en goud!

Die (P)inspirasie:

Trend Report : Hot White Nails For Summer!

En die resultaat:
(kyk hoe mooi)




Wat dink julle? :) 
{L}


No comments:

Post a Comment